
Liefde, die L-woord. Dit is huge, dis awesome en dis 'n pyn.
Wat my lelik kan omkrap is mense wat die woord sommer so rondslinger asof dit 'n "hallo" is. Dit is 'n diep, alles-wat-ek-is-en-besit-is-joune-tipe ding. Dit is nie iets wat jy na 'n week of 'n maand vir iemand sê nie. Dit is 'n gevoel wat VIR EWIG hou en ongeag wat die omstandighede is, dit bly staan.
'n Wyse jong man het eendag vir my gesê: "'n Mens vind liefde net een keer. Dan moet jy klou met jou lewe!" Nou hier sit ek en wonder. Liefde, ek het jou al gevoel dans op my tong, ek het jou in my arms gehad en jy is van my weggeskeur. Nou dat ek jou verloor het, sal ek jou ooit weer vind?
En dit is die pyn. Daar is mense wat nagte wakker lê en nie kan slaap nie, want daar is 'n HUGE leegte in hul lewens. Ja, die Here se liefde maak alles heel, maar mens soek ook aardse toenadering. Iemand om jou vas te hou; jou te sus as die trane nie wil ophou nie. Daar kort daardie iemand.
Ek is 'n hopeless romantic en 'n ietwat verspotte optimis. Ek hoop vir die onmoontlike en droom verlore ideale. Ek dink dit is wat wyle oom William Shakespeare 'n "tragiese figuur" sou noem. En vir my verslaafdes, as jy dink JY het 'n dwelm beet, wag tot jy liefde ervaar! There's nothing like it...
Nou wens ek op verskietende sterre, fluister my ideale vir die maan en hoop die wind dra dit na gespitste ore...
