Sunday, October 3, 2010

Jasmyntjie


Jasmyn bloei in die lente

En bot in die warm son.

Jasmyn fluister al haar wense

Vir die skaduwee van ou Sonneblom.


Jasmyn word vertrap onder die gewig

En haar liefde word verwaai deur die wind.

Waar dit jou aangesig,

Jou hart, eendag sal vind.


Jasmyntjie sterf ‘n eensame dood,

Met die reuk van liefde wat hang in die lug…

No comments:

Post a Comment