Tuesday, September 21, 2010

Maansverduistering - Eloïse Jordaan

Die honger wind huil om die hoeke
En die wolke kruip weg in hul nagskleed
Ek swerf en my rustelose soeke
Na die maan is al wat ek weet

Op die horison loer die maan
Sy skoonheid oorrompel die blinde naglug
Hier in die donker sal ek bly staan
Totdat hy vir my helderheid vlug

Soos ons skadu's ontmoet, verdwyn die kans
En word alles in donker gehul
Die musiek, die wind, word stil
En al wat oor is, is die wolke wat oor my trane dans.

No comments:

Post a Comment