Eendag as die wêreld in stof verval
En die engel van die Duisternis my kom haal.
Eendag as jou skaduwee deel word van my;
As die wind huil en fluister: dis hy.
Eendag as die verlede tot niet gaan;
As my liefde ewig bly soos die maan.
Eendag as trane vanuit die hemel stort;
As jy die aarde onder my voete word.
As die naglug sy ligte herrangskik
En ek kry van die toekoms ‘n blik.
Net ‘n droom, ‘n fantasie- my vaste hoop:
Dat ek die aarde kaalvoet plat sal loop…
No comments:
Post a Comment